Ebola-verpleegster nie meer kritiek siek nie

Pauline Cafferkey, van Glasgow, is in Desember met Ebola gediagnoseer nadat sy van Sierra Leone af teruggekeer het. Op 4 Januarie is aangekondig sy is in 'n kritieke toestand. (Sien verlede week se Gebedswaarskuwing.) Die hospitaal het nou in 'n verklaring gesê sy 'toon tekens van verbetering'. Die 39-jarige het vrywillig saam met ander Britse NHS-personeel vir die liefdadigheidsorganisasie Save the Children in Wes-Afrika aangemeld. Die volledige verklaring van die hospitaal het gesê: 'Die Royal Free Hospitaal is bly om aan te kondig dat Pauline Cafferkey tekens van verbetering toon en nie meer kritiek siek is nie. sy bly in isolasie aangesien sy spesialissorg vir die Ebola-virus ontvang.' Me Cafferkey is met eksperimentele middels behandel en het bloedplasma ontvang van 'n ander Britse verpleegster, Will Pooley, wat verlede jaar van 'n Ebola-infeksie herstel het.