Bake Off's Martha: Christenskap is 'sulke goeie nuus'

'n 17-jarige Groot-Britse Bake-Off-deelnemer het gesê sy is nie skaam om 'n Christen te wees nie, want dit is 'sulke goeie nuus'. In 'n onderhoud vir die Christian Today-webwerf het Martha Collison gesê dit is 'die wonderlikste ding' om in moeilike tye op God te kan staatmaak. Martha, wat die jongste deelnemer aan vanjaar se program is, het gesê: 'Ek dink om 'n Christen te wees is een van die belangrikste dinge wat my as 'n persoon definieer'. Sy het in 'n Christelike huis grootgeword en haar pa is 'n ouderling by hul kerk waar sy met die kinders se werk help. In antwoord op 'n vraag of sy nou veral bewus is daarvan om openlik oor haar geloof te wees, het sy gesê: 'Ek dink daar is niks om oor skaam te wees om 'n geloof te hê, en veral om 'n Christen te wees nie. Dit is so 'n groot deel van my lewe dat ek dit nie kon wegsteek nie en ek nie sou wou nie. Ek sal eerder oop wees daaroor'.