Print this page

Suid-Afrika: Meer as duisend mense neem Jesus aan

Meer as duisend mense het besluite vir Jesus geneem tydens 'n onlangse vierdaagse sending waarin Every Tribe of East London 'n groep hippe, jong, plaaslike sendelinge geneem het om die liefde van Jesus in die Oos-Kaapse dorp Adelaide te deel. Die sendingspanlede het die goeie nuus van deur tot deur in die klein, historiese dorpie gedeel en ook God se mense bedien in tavernes, taxistaanplekke, haarsalonne en ouetehuise. 1 064 reddings is gedurende die vier dae ingesamel en daar was baie getuienisse van genesing, tekens en wonders. "Dit het my verbaas dat baie mense wat ons ontmoet het nog nooit die naam van Jesus gehoor het nie en dat Hy hulle liefhet en wonderlike planne vir hul lewe het," het Stephanie Swart, 'n verkoopskonsultant wat aan die uitreik deelgeneem het, gedeel.