Nandar Nant van die kindergebedsbeweging in Mianmar, het berig: 'Ons het elke week en elke maand gebedsbyeenkomste in verskillende weeshuise, huise en kerke. Op Saterdae reël ons 'n 24 uur se gebed. Op die oomblik is 50 kerke, 60 kinderhuise en sowat 3500 kinders betrokke, en volgende jaar beplan ons om weer uit te brei. Kinders het groot geloof en 'n onskuldige hart,' sê sy. 'Toe ons vir die sewe sfere van die samelewing begin bid het, het ons wonderlike veranderinge gesien. Ouers het berou gehad dat hulle nie vir hul kinders gesorg het nie, en die kinders het berou gehad dat hulle hul ouers ongehoorsaam was. Mense het vry gekom van verslawings en owerspel. Ons het wonderwerke van genesing en eenheid tussen kerke gesien. Christelike sangers en akteurs deel nou openlik oor hul geloof. Persoonlik glo ek dat hierdie veranderinge verband hou met die kindergebedsbeweging. Die kinders is regtig betrokke as hulle sien hoe God dinge verander as gevolg van hulle gebed.'