Wycliffe Associates en 'n bediening vir die dowes het 'n nuwe vennootskap aangekondig om die Bybel in gebaretaal te vertaal vir die miljoene mense wat nie toegang tot die Skrif het nie. Deaf Opportunity Outreach International (DOOR) sal saam met Wycliffe Bybelvertalers en spanne dowe vertalers werk om die Skrif na videoformaat te bring. "Om blind te wees skei jou van dinge, maar om doof te wees skei jou van mense," het Bruce Smith, president/uitvoerende hoof van Wycliffe Associates, verduidelik. "Ons wil seker maak dat doofheid jou nie van God skei nie," het Smith gesê. Volgens Wycliffe Associates is daar meer as 200 geïdentifiseerde gebaretale wat in die wêreld gebruik word en sowat 70 miljoen mense wêreldwyd kommunikeer met gebaretaal.
Prys: God vir die werk van Wycliffe en DOOR om die Woord van God lewend aan alle mense te bring. (Ro.8:35a)
Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/wycliffe.door.to.translate.bible.for.deaf.people/25825.htm