'n Kort berig vanaf die Victory Church-webwerf: 'Ons is so opgewonde oor wat God doen. Aanvanklik was baie mense huiwerig om te aanvaar dat God deurgebreek het, maar 65 dae later is dit onmiskenbaar dat God soewerein beweeg. Ons het nou 642 reddings gesien en het 15 bladsye van genesende getuienisse! Besoekers het voortgegaan om van regoor die wêreld in te stroom en ons is God dankbaar vir die geleentheid om Sy teenwoordigheid te huisves op so 'n manier. Namate mense dramaties geraak is, het ons as kerk gevind dat ons baie dieper met Hom ingetrek is. Mense vra: 'Is wat besig is om te gebeur 'n herlewing?' Ons reaksie tot dusver is dat wat ons hier in Wallis sien 'n uitstorting van God se Gees is. Ons het Woensdagaand die voorreg gehad om nog dertig mense almal wat tot geloof gekom het tydens die uitstorting te doop! Ons loof God hiervoor, Hy bou Sy Kerk.' (Sien ook Gebedswaarskuwing 19-20&22-2013)
Prys: God vir die volgehoue seën op Sy volk. (Ps.85:6)