VSA: Proselitiserende Christen uit die biblioteek verban

Die 16-jarige Caleb Hanson is vir ses maande uit alle takke van die Chattahoochee Valley-streekbiblioteekstelsel verban weens proselitisasie. Volgens 'n brief aan sy ouers van North Columbus Openbare Biblioteek, het Caleb klante herhaaldelik oor hul godsdienstige geloof gevra en Bybelse raad gegee. Na verskeie waarskuwings 'om dit nie te doen nie' het Caleb met mense buite die biblioteek begin praat. Caleb se ouers, Tim en Elizabeth Hanson, is in Columbus met verlof van sendingwerk en woon by Elizabeth se ouers wat afgetrede sendelinge is. Caleb is tuisonderrig en is die jongste van vier kinders. Verlede jaar het hy 'n ware ontmoeting met die Here gehad en hy wil vir Christus getuig. Gewoonlik is hy skaam, maar hy het begin vra om by winkels en ander plekke afgelaai te word om sy geloof te deel. Caleb se biblioteekkaart is geblokkeer, en as hy terugkeer na die biblioteek sal hy krimineel oortree. Prys God vir Nuwe Lewe In Jesus Christus.

Prys: God en bid dat Kaleb die verbod in sy vaart sal neem, soos hy volwasse word in wysheid en geestelike onderskeidingsvermoë. (Hand.2:17-21)

Meer: http://www.eagletribune.com/worldnational/x1327127547/Teen-banned-from-libraries-over-ignoring-requests-to-quit-proselytizing