’n Amerikaanse evangeliese pastoor “dank God” dat hy en twee ander vrygelaat is nadat hulle verlede week in Egipte ontvoer is. Eerwaarde Micheel Louis (61) en die 39-jarige Lissa Alphonse, albei inwoners van die Boston-omgewing, is op Vrydag, 13 Julie, saam met hul gids, Haytham Ragab, uit 'n bus ontvoer. Die ontvoering het op 'n Sinai-woestynpad plaasgevind deur 'n Bedoeïen wat die vrylating van sy oom uit die tronk geëis het. Sy oom is glo deur die Egiptiese polisie aangehou op vermoede van die besit van dwelms. Na drie dae se onderhandelinge het Abu-Masuh egter die gevangenes aan veiligheidsbeamptes naby die noordelike Sinai-stad El-Arish vrygelaat. 'Ons is 'n volk van genade en die gyselaars het niks hiermee te doen nie,' het Abu-Masuh in gepubliseerde verklarings gesê wat verlede Vrydag deur BosNewsLife gemonitor is. Pastoor Louis se Presbyterian Church in die Amerikaanse stad Boston onderneem elke jaar 'n reis na Israel.
Prys: God vir die vrylating van Pastoor Michael Louise en die ander twee mense en bid dat sy getuienis met sy gevangenes gespreek het. (Mark.6:11)
Meer: http://www.bosnewslife.com/22681-us-pastor-thanking-god-after-kidnapping-ends-in-egypt