'n Kerk in die Oekraïne wat Sowjet-owerhede eens beslag gelê het vir gebruik as 'n 'monument van kommunisme' sal weer 'n plek vir Christelike aanbidding wees nadat opknappings 'n neo-klassieke fasade verwyder het wat opgerig is om die aard daarvan te verdoesel, berig Catholic News Agency. 'Die kerk lyk nie soos 'n plek van aanbidding nie. Dit dra as 't ware 'n masker. Dit is in vermomming. Ons wil hierdie masker wegneem,' het Fr Grzegorz Romanowicz, die Franciscan Capuchin-provinsiaal in die Oekraïne, aan die internasionale Katolieke liefdadigheidsorganisasie Aid to the Church in Need gesê. 'Tot nou toe herken baie mense nie eers die gebou as 'n kerk van buite af nie.' Sedert 1949 is die kerk as 'n biblioteek, 'n boksaal en kantore gebruik. Sowjet-owerhede het die fasade in 1949 opgerig om die gebou se oorsprong as 'n kerk te verberg. Dié fasade sal later in Februarie verwyder word.
Prys: God vir hierdie transformasie van sekulêre na Christelike gebruik. God herstel Sy Kerk. (2Kor.3:11)
Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue15465.html