Twee voormalige geborgde kinders van liefdadigheidsorganisasie Compassion is in die parlemente van Uganda en Haïti verkies. Beguens Theus van Haïti en Margaret Makhoha van Uganda het albei in pure armoede grootgeword, maar Christelike borge het hulle 'n kans gegee om uit daardie desperate situasie op te staan, 'n opleiding te kry en (deur 'n Leierskapontwikkelingsprogram) universiteit toe te gaan. Deur God se genade en hulle eie wil en motivering het hulle nou hierdie posisie van verantwoordelikheid bereik om hulle nasies te dien. 'Om kinders 'n kans te gee, kan 'n groot verskil maak,' sê Martijn Moens, 'n woordvoerder van die liefdadigheidsorganisasie in Nederland. "Meer as ander verstaan hierdie nuwe parlementslede die behoeftes van die armes en is gemotiveerd om te werk aan strukturele verandering in hul nasie." Compassion werk in 26 ontwikkelende lande en bied een-tot-een borg vir 1,2 miljoen kinders. Die liefdadigheidsorganisasie verskaf programme in vennootskap met plaaslike kerke.
Prys: God vir die manier waarop Hy hierdie jongmense geseën het. (Ps.37:5-6)