Turkye: Beslagleggings op godsdienstige eiendom is omgekeer

Die Turkse regering het die afgelope naweek 'n geskiedkundige U-draai in staatsbeleid gemaak en 'n amptelike dekreet uitgevaardig wat Turkye se Christelike en Joodse gemeenskappe nooi om hul lank gekonfiskeerde godsdienstige eiendomme terug te eis. Verlede Saterdag se dekreet kom 75 jaar nadat die Turkse regering beslag gelê het op honderde gronde en geboue wat deur sy Griekse, Armeense, Siriese en Joodse gemeenskappe besit word. Die Turkse premier, Recep Tayyip Erdogan, het verlede Sondag die verrassende besluit in Istanboel aangekondig, toe hy 'n groot byeenkoms van Istanboel se nie-Moslem godsdienstige leiers toegespreek het. Uitgenooi as die eregaste vir 'n iftar-maaltyd naby die einde van die Moslem-maand Ramadan, het Erdogan verklaar: 'Die tye toe burgers in ons land onderdruk is vir hul oortuigings, hul etniese erfenis of die manier waarop hulle aangetrek is. verby.' Hy het erkenning gegee aan die ongeregtighede van die verlede wat dié van verskillende geloofsgroepe aangedoen is, en het gesweer: 'Daardie dae is verby, geen burger is verhewe bo 'n ander nie.'

Prys : God vir hierdie dapper besluit deur die Turkse regering. (Spr.16:33)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/turkey/article_116880.html/