Print this page

Togo: Neem die Evangelie na die Tem

'n Inheemse bediening in Togo werk met lede van die Tem-volk. Hulle is 'n onderbereikte Moslem-stam van meer as 400 000 mense. Ten spyte van dreigemente en teistering gaan die bediening voort om die Evangelie te verkondig op 'n radioprogram wat in die plaaslike taal uitgesaai word. Die Skool vir Sending gradueer jaarliks sowat 40 studente wat opgelei word om te evangeliseer en in die praktiese behoeftes van die Tem-mense en ander etniese groepe in die streek te voorsien. Die bediening het ook meer as 200 huiskerke in Togo begin en het geestelike deurbrake in sommige van die stamdorpe gesien.

Prys: God vir hierdie nederige toegewyde broers en susters wat die verlorenes suksesvol bereik met die Goeie Nuus van Jesus Christus. (Mark.13:10)

Meer: http://www.godreports.com/ministry-updateview/1566