Om die Evangelie na die Midde-Ooste te bring is 'n riskante onderneming, maar die Bible Chip, ontwikkel deur Bible League International en die Digital Bible Society, verminder hierdie risiko aansienlik. Dit is 'n klein datakaart van die grootte van 'n seël wat verskeie Bybelvertalings, oudiolêers, honderde boeke en meer as 200 uur se video oor evangelisasie en dissipelskap bevat, alles in Arabies. Dit is geprogrammeer om geen spore op 'n rekenaar of selfoon te laat nie. Wagih Abdelmassih, pastoor van die Agape Arabic Christian Centre (AACC) in Londen, noem die Bible Chip 'n antwoord op gebed. Hy het duisende eksemplare aan Arabiessprekende besoekers aan verlede somer se Olimpiese Spele versprei. Terwyl gedrukte Bybels nie maklik aanvaar sou word nie, het die Bybelskyfie 'n baie gewilde geskenk geblyk te wees. Tydens een-tot-een gesprekke het altesaam 12 600 Arabiese Moslems 'n Bybelskyfie ontvang. Bron: Joel nuus
Prys: God vir die geleenthede wat ons het om digitale media te gebruik om Sy Woord te versprei. (2Tim.2:8-9)
Meer: http://digitalbiblesociety.com/DBS2010/english/index.htm