Teater om kerke te help om uit te reik tydens Olimpiese Spele

 

Christelike teatergroepe het Olimpiese Spele-geïnspireerde produksies saamgestel om kerke te help om die meeste uit die Spele volgende somer te kry. Die oorspronklike produksies is vervaardig deur Saltmine, Lantern Arts, Riding Lights en Act4. Saltmine se produksie, In Their Shoes, verken die wortels van die moderne Olimpiese beweging en gaan in 2012 toer in samewerking met ’n Moslem-toneelgeselskap. Kerke word aangemoedig om die produksies te gebruik om betrokke te raak by hul gemeenskappe tydens die Olimpiese Spele in Londen 2012, hetsy deur hulle in hul kerke aan te bied of deur hulle na hul plaaslike skole te neem. David Willson, uitvoerende hoof van More than Gold, die sambreelorganisasie vir kerkuitreik tydens die Spele, het gesê: 'Ons hoop kerke sal ten minste een van hierdie produksies aanbied en dit ook na skole en jongmense neem'.

Prys: God vir hierdie idees en bid dat die kerk dit ten volle sal gebruik. (1 Joh.3:18)