Print this page

Die krag van die kruis duur voort

Verlede week is 'n 64-jarige elektrisiën, Colin Atkinson, met 'n dissiplinêre verhoor gedreig omdat hy 'n palmkruis op die paneelbord van sy bussie vertoon het. Meneer Atkinson wou niemand ontstel nie. Hy het vir 15 jaar lank op hierdie beskeie manier van sy geloof getuig sonder dat iemand gekla het. Ai, een persoon het aanstoot geneem, en dit was genoeg. (Sien Gebedswaarskuwing 16-2011) Gelukkig het gesonde verstand geseëvier, en Wakefield en District Housing, mnr Atkinson se werkgewer, het ingestem om hom die kruis op sy paneelbord te laat hou. Maar die saak – en die reaksie daarop – demonstreer weereens die krag van die kruis, en die houvas wat hierdie simbool op mense se verbeelding het. Selfs mense wat nooit kerk toe gaan nie, verstaan op een of ander vlak dat die kruis iets heiligs verteenwoordig. Dit trek ons uit die alledaagse wêreld en in die goddelike in en dit is die kern van die misterie van Paasfees.

Prys: God dat gesonde verstand geseëvier het. (Ps.94:8)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/comment/telegraph-view/8470164/The-power-of-the-cross-endures.html