Thailand: Kinders het die krag van gebed aanskou

'n Berig in Mission Network News het beskryf hoe 'n groep Thaise weeskinders by die Vision Beyond Borders (VBB) Kinderhuis die krag van gebed aanskou het toe hul kinderhuis met vuur gedreig is. Luidens die verslag het werkers op 19 Maart, terwyl brande na die Kinderhuis gejaag het, dringende gebedsversoeke per e-pos uitgestuur en toe die kinders na die bopunt van 'n heuwel geskuif vir veiligheid. Bo-op die heuwel het 'n personeellid glo die kinders aangemoedig om te begin aanbid en tot God te bid. Alhoewel Thailand in die middel van hul droë seisoen is, het die verslag opgemerk, het hulle God vertrou om reën te stuur. Net voor die weeshuis omsingel is, is die geluid van donderweer gehoor en 'minder as 'n uur later het dit begin besprinkel, dan giet dit, totdat die vure geblus is.'

Prys: God dat die kinders die wonderwerk sal gebruik as 'n getuienis van die krag van Christus in hul lewens en dat hulle Christus met vrymoedigheid met die mense van hul gemeenskap sal deel. (Jes.43:12)

Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=7718