’n Hulpwerker vir die Christelike noodlenigingsorganisasie Samaritan's Purse (SP) is op 30 Augustus vrygelaat nadat hy vir 105 dae in Soedan as gyselaar gehou is. Die 35-jarige Flavia Wagner is uitgeput maar in goeie gesondheid en is tans in Khartoem. In Mei is Wagner en 'n Soedanese bestuurder ontvoer nadat hul tweevoertuigkonvooi deur agt gewapende mans 15 myl suidwes van Nyala in Soedan se Darfoer-streek voorgekeer is. Sewe dae ná die ontvoering is die twee Soedanese mans ongedeerd en sonder verduideliking in Thur, Darfoer, vrygelaat. Wagner het in aanhouding gebly, maar is toegelaat om haar familie en SP-personeel te kontak. 'Ons dank God dat Flavia veilig en vry is', het Franklin Graham, SP-president gesê, 'en waardeer die hulp van die regerings van die Soedan en die Verenigde State. Mense regoor die wêreld het vir haar veiligheid en haar vrylating gebid. Vandag is daardie gebede verhoor.'
Prys: God vir die verhoor van die gebede om Flavia se vrylating te soek (Luk. 4:18)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/kidnapped.christian.relief.worker.freed.in.sudan.after.105.days/26605.htm