Print this page

Gees van aanneming vee oor Oekraïne

’n Kragtige beweging vee deur die Oekraïne. Duisende Christelike gesinne sorg vir die vaderloses. Hulle wil hul nasie sonder weeskinders sien. Svetlana en Evgeniy Isaev het die eerste gesin in die Oekraïne geword wat 'n kind met MIV aangeneem het, en het nou sewe MIV-positiewe kinders. 'As ons 'n Oekraïne sonder weeskinders wil sien, moet Christene deel van die oplossing wees,' sê hulle. Pastoor Gennadiy Mohnenko is ook 'n pleegouer. Hy en sy vrou het 31 kinders aangeneem. 'As hierdie beweging 'n blywende impak wil hê, moet Christenleiers die voorbeeld stel,' sê hy.

Prys: God vir hierdie stap deur Christene wat die sorg van soveel behoeftige weeskinders opgeneem het. (Jak. 1:27)

Meer: www.joelnews.org.