Winkelbestuurder raai voornemende gewapende rower af

’n 20-jarige Christelike selfoonwinkelbestuurder in Florida het ’n voornemende gewapende rower voorgekeer deur vir hom oor Jesus te preek. Nayara Goncalves het byna vyf minute daaraan bestee om die man te oorreed dat hy die verkeerde ding doen. Die man het uiteindelik om verskoning gevra, verduidelik sy geweer was 'n replika en het die winkel in Broward County verlaat. 'Sy kon kalm bly en hom kalm hou,' het 'n woordvoerder van 'n balju se kantoor gesê. Tydens die voorval op 23 Julie het me Goncalves vir die voornemende rower gesê: 'Ek gaan net met jou oor Jesus praat.' Die man het gesê hy is 'n Christen en is 'verleë' om te doen wat hy doen, maar dat hy $300 (£190) nodig het om te verhoed dat hy uitgesit word.

Lofprysing: God vir Nayara en die inisiatief van die Heilige Gees. (Hand.4:29)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/mobile/world-us-canada-10822923?SThisFB