Skotse Kerke stel verkiesingswebwerf bekend

Skotland se mees senior Christelike figure het bymekaargekom om die land aan te spoor om in Mei se Skotse verkiesings te stem. Die kerkleiers moedig die publiek en politici aan om hul geloof te ondersoek terwyl hulle voorberei om in die Skotse verkiesings te stem. Kerke en Christelike organisasies het 'n webwerf vir gedeelde verkiesingshulpbronne geskep: www.churchesvote.org om potensiële kiesers in te lig oor parlementêre en verkiesingsprosesse; om inligting oor partybeleide te versamel en Christene van alle politieke oortuigings te inspireer om aan die debat deel te neem. Die webwerf is 'n gesamentlike inisiatief tussen die Skotse Kerke Parlementêre Kantoor, Katolieke Parlementêre Kantoor, CARE for Scotland, Evangelical Alliance en Christians Count. Dit word ondersteun deur die Baptist Union of Scotland, Christians Count, Church of Scotland, Congregational Federation, Destiny Church Network, Evangelical Alliance, Free Church of Scotland, Methodiste Kerk in Skotland, Religious Society of Friends (Quakers), Rooms-Katolieke Kerk, die Salvation Army, Scottish Episcopal Church, United Free Church of Scotland en United Reformed Church

Prys: God vir hierdie verenigde poging deur die Kerke om mense aan te moedig om te stem. (Tit.1:9)

Meer: http://www.scotland.anglican.org/index.php/news/entry/churches_unite_to_launch_election_website/