Rusland: Nuwe Baptiste Kerke word geplant

Die Baptiste benut die vryheid van aanbidding in die land effektief. Massa-evangelisasie en verspreiding van traktate is nie meer doeltreffend nie en nuwe metodes moet geïmplementeer word, berig die perssentrum van die Russiese Unie van Evangeliese Christen-Baptiste. Baptiste in Rusland voer hul geskiedenis na tot 1867. Daar is nou ongeveer 80 000 Baptiste wat in 1 750 plaaslike kerke aanbid. Eerwaarde Alexey Smirnov, die president van die Baptiste Unie in Rusland sê: 'Die aantal Baptiste kerke in Rusland groei en die belangrikste taak van die Unie is om leiers op te lei asook om die eenheid te behou. Die werk met die jeug en kinders is veral noodsaaklik aangesien dit nie tydens die era van kommunistiese regime moontlik was nie.' Eerw Ruvim Voloshin, die vise-president van Baptiste Unie verantwoordelik vir sendingbediening beklemtoon dat ongeveer 200 nuwe Baptiste gemeentes tans regoor die uitgestrekte gebied van Rusland geplant word.

Prys: God vir die groei van sy kerk en die plant van nuwe gemeentes. (Hand.5:42)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue11510.html