Rekordnommer besoek Bethlehem

Die klein dorpie Bethlehem het volgens die Israeliese weermag die hoogste aantal Kersfeespelgrims in 'n dekade gesien. Meer as 100 000 mense van regoor die wêreld het hierdie Kersfees in die geboorteplek van Jesus bymekaargekom, teenoor 50 000 die vorige jaar. Die toename in toeriste is heel waarskynlik te danke aan 'n afname in geweld tussen Palestyne en Israel die afgelope jare. Ingesluit onder die pelgrims is ongeveer 500 Christene van die Gazastrook wat 'n seldsame vakansietoegangpermit deur Israel toegestaan is. Daar is ongeveer 3 500 Christene onder Gasa se 1,5 miljoen bevolking. Palestynse amptenare het gesê al 24 Bethlehem se hotelle is vol bespreek. Die Midde-Ooste se senior Katolieke geestelike Fuad Twal het vanaf Jerusalem na Bethlehem gereis en 'n middernagmis by St Catherine's Church, langs die Kerk van die Geboorte, gehou. Twal het gevra vir vrede en versoening tussen Israel en Palestyne.

Prys: God vir hierdie toenemende aantal pelgrims wat bymekaarkom om by die stal te aanbid. (Luk.2:15)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/record.number.of.pilgrims.visit.bethlehem.this.christmas/27294.htm