Twee pro-lewe betogers vier fees nadat hulle gehoor het dat hulle nie 'n kriminele vervolging in die gesig sal staar vir 'n stille waak buite 'n aborsiekliniek nie. Die twee Christelike betogers, Andy Stephenson (35) en Katherine Sloane (19), is hierdie somer twee keer deur die polisie in Brighton in hegtenis geneem omdat hulle in stille protes buite die BPAS-kliniek gestaan het met 'n banier wat 'n vroeë geaborteerde kind wys. Die polisie het hulle gevra om hul banier af te haal maar by albei geleenthede is hulle in hegtenis geneem nadat hulle geweier het. Mnr Stephenson het aan die polisie probeer verduidelik dat hulle 'n wettige reg het om te betoog. By die tweede geleentheid is hulle veertien uur lank by Brighton-polisiestasie aangehou en onder omsigtigheid ondervra. Vandag het hulle gehoor dat die gedreigde strafregtelike vervolging teen hulle laat vaar is. Mnr Stephenson het gesê: 'Ons is baie bly dat die regte besluit geneem is. Ons moet vra hoekom ons veertien uur lank in 'n polisiestasie aangehou is en hoekom ons baniere gekonfiskeer is. Ons sal voortgaan met 'n veldtog om die gevare van aborsie en die moorde wat by hierdie klinieke plaasvind uit te lig.'
Prys: God en vra Hom om sy mense baie ander vreedsame maniere te wys om teen goddelose wette te demonstreer. (Ps.139:13)