Print this page

Nuwe hulppakket vir Horing van Afrika

President Barack Obama het in Kersweek 'n nuwe hulppakket ter waarde van $113 miljoen aangekondig vir die hongersnood en droogte wat Horing van Afrika geteister het. Die befondsingsaankondiging kom as 'n 'FWD'-veldtog deur die Amerikaanse hulporganisasie op die internet, met video's waarin televisiesterre en atlete kykers vra om die humanitêre boodskap deur sosiale media aan soveel mense as moontlik te stuur. President Obama het gesê: 'Terwyl ons die seisoen van gee en vernuwing binnegaan, bly meer as 13,3 miljoen mense in Ethiopië, Kenia en Somalië dringend humanitêre hulp nodig te midde van die ergste droogte wat die streek in 60 jaar gesien het. Die hartverskeurende verhale van lewens verlore en van diegene wat sukkel om te oorleef herinner ons aan ons gemeenskaplike menslikheid en die behoefte om uit te reik na mense in nood.' “Honggersnood, oorlog en droogte in die Horing van Afrika is die grootste humanitêre krisis ter wêreld,” het USAID gesê.

Prys: God vir die veldtog, en mag dit momentum kry soos dit deur 2012 voortduur. (Ps.22:26)

Meer: http://global.christianpost.com/news/obama-and-celebrities-offer-new-aid-package-as-famine-ravages-horn-of-africa-65620/