Mosambiek: Dowes hoor en blindes sien

God het baie groot dinge in die bosdorpie Nanjua gedoen,' berig sendelinge Rolland en Heidi Baker van Mosambiek. 'Ons het drie maande gelede vir die eerste keer daar gekuier. Sedertdien is daar nie meer dowes daar om voor te bid nie, want hulle is almal genees. Die hoofman van die dorp is ook gered en ons is tans besig om die bou van hul kerk te voltooi. Is God nie goed nie! Tydens 'n onlangse uitreik daar het ons wonderwerke en baie reddings gesien. Ons het 'n blinde man met die naam Samuel ontmoet. Hy het na ons toe gekom en gesê dat hy ons hoor bid het en dat God vir hom gesê het om te kom waar ons is. Hy het heeltemal blind geword in 2010. Nadat hy vir hom gebid het, kon hy kleure, gesigte en vorms sien. Heidi het hom na 'n mangoboom geneem en hy het die aantal mango's op die tak getel – iets wat hy voorheen nie kon doen nie. Hy het met baie opgewondenheid gepraat: 'Nou kan ek alleen huis toe stap sonder dat iemand my bystaan nie!' Later daardie selfde dag is hy saam met baie ander in die rivier gedoop.'

Lof: God vir Sy wonderbaarlike mag oor dowes en blindes. (Ps.146:8)

Meer: http://www.joelnews.org/