Malala Yousafzai, die Pakistanse tiener wat verlede jaar deur lede van die Taliban geskiet is en oorleef het, het Vrydag die Verenigde Nasies toegespreek ter gelegenheid van haar 16de verjaardag. Sy het aan 'n VN-jeugvergadering gesê: 'Hulle het gedink dat die koeël ons sou stilmaak, maar hulle het misluk.' Malala, 'n student in Pakistan wat bekend was daarvoor dat sy haar uitspreek vir kinders en vroue se opvoedkundige regte, is deur 'n Taliban-lid in die kop geskiet terwyl sy in 'n voertuig op pad skool toe was. Verbasend genoeg het sy ná uitgebreide operasie in die VK herstel; dit was Malala se eerste openbare toespraak sedert die aanval. Die moedige jong vrou het 'n petisie, onderteken deur 3 miljoen mense, aan die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki Moon, oorhandig, waarin gevra word vir ondersteuning van die VN vir opvoedkundige regte van kinders regoor die wêreld.
Prys: God vir die lewende getuienis van hierdie jong dame; mag sy vir baie 'n voorbeeld wees. (Fil.3:17)