Londen kraak onder gebed

Die M25 Neutekraker was deel van Global Day of Prayer London en het in verskeie gedaantes oral in die hoofstad plaasgevind. Die M25-streek het gebedsaktiwiteite op twaalf plekke (gebedsaltare) aangebied en sewentien aansluitings op die M25 is in gebed bedek. Elke aansluiting is gesien as 'n poort in en uit die hoofstad, uiters belangrik in die land se kommunikasie- en kommersiële lewe. Die skakel hieronder sal jou na 'n video neem van 'n paar wat Maandag (24 Mei) in 'n ligte vliegtuig reg rondom die M25 gebid het. Dit wys hoe hulle die Onse Vader oor die QE2-brug en die Teems bid. Jy kan 'n volledige geskrewe verslag op www.transformationthurrock.com vind.

Lofprysing: God dat Hy Sy nasies na Hom toe getrek het in die eenheid van gebed en aanbidding regoor die wêreld. (Joh.17:21)

Meer: http://www.youtube.com/watch?v=CQNKHc3PpMQ&feature=youtube_gdata