Teen die einde van 2009 het 'n Iraanse dokter van 'n godsdienstige gesin in 'n kleiner stad van Iran Elam se evangelisasie-televisieprogram 'Healing for the broken hearted' gekyk. Hy was diep geraak deur die getuienis van die Christen op die program. Toe die aanbieders kykers genooi het om in te roep vir gebed, het hy dit gedoen ten spyte van die risiko's. Die Elam-berader het met hom gedeel en hy het opvolgkontak versoek. Hulle het dus sy besonderhede aan een van die kerkplanters in Iran gegee wat hom vroeg in 2010 moedig gaan besoek het. Die Dokter het weer die Evangelie gehoor en toe berou net daar in sy kantoor. Gelowiges vergader gereeld met hom om hom te dissipel.
Prys: God vir hierdie nuwe broer in Christus, en bid dat hy sal groei en 'n kragtige Christelike getuie in sy stad sal wees. (Ps.73:23-24)