Iran: Wonderlike droom bring meisie na Christus

Tien jaar gelede het 'n jong Moslemmeisie gedroom dat sy Jesus met 'n halssnoer na haar toe sien kom het. Hy het dit om haar nek gehang. Sy kyk af en sien 'n kruis met die nommer 10 in die hart. Sy het nie geweet wat dit beteken nie maar van daardie oomblik af het sy geweet dat Jesus bestaan. Sy het die Christendom deur 'n sielkundekursus op universiteit verken en 'n kerk in haar stad gevind waar sy Christus leer ken het. Sy het nou 'n Christenman, maar dis te gevaarlik vir hulle om na die gewone kerk te gaan omdat hulle van Islam tot bekering gekom het. So vandag, 10 jaar na die droom, leer hulle ander geheime Gelowiges in hul huisgroep. Sy sê: 'Dit is nie maklik om 'n Christen in Iran te wees nie, maar ek dink dit is wat Jesus vir my wou sê met die '10' - dat ek oor 10 jaar hier sal wees, Hom sal ken en saam met ander sal wees wat ken Hom ook'

Prys: God vir die baie stories wat ons hoor van Moslems wat Jesus ontmoet deur drome en visioene regoor die nasies waar evangelisasie verbode is. (Joël 2:28)

Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=12583