Indië: Die Lasarus-faktor

'n Paar jaar gelede het die joernalis Lee Grady onderhoude gevoer met twee mense wat 'n Bybelse opstanding gesien het tydens 'n evangelisasievergadering in die Indiese deelstaat Andhra Pradesh. Jyothi Pothabathula was twee jaar oud toe sy op die bus ineengestort het. Die dogtertjie het geen geskiedenis van siekte gehad nie, maar sy het skielik opgehou asemhaal. Die meisie se ma, Nagamani, het desperaat begin bid dat God haar baba sal red. Die meisie se pa, Suribabu, het Jyothi se lewelose liggaam na Harry Gomes, 'n evangelis op veldtog in die stad, gedra. Onmiddellik nadat hy vir haar gebid het, het hulle gesê: Jyothi het regop gesit en toe begin loop. 'Ek weet Jesus is 'n groot God, want hy het my dogter lewendig gemaak,' het Suribabu gesê en die trane afgevee. Sy broer en nog twee van sy Hindoe-familielede het tot Jesus bekeer nadat hulle die storie gehoor en die herleefde meisie gesien het.

Prys: God vir Sy genesende krag en lewende getuienis. (Joh.16:2)

Meer: http://brendanwitton.wordpress.com/2008/02/15/j-lee-grady-the-lazarus-factor/