Hongkong se Protestantse kerke bloei

Protestantse kerke in Hongkong floreer met 'n jaarlikse groeikoers van 6,2% oor die afgelope vyf jaar en die aantal Protestante in die voormalige Britse kolonie is naby 300 000. Die aantal praktiserende Protestante het 290 000 in 2009 verbygesteek, vanaf net meer as 216 000 in 2004, volgens die resultate van 'n nuwe opname wat deur die Hong Kong Church Renewal Movement vrygestel is. Die syfer oortref die groei wat Protestantse kerke in Hong Kong van 1999 tot 2004 ervaar het, toe die aantal praktiserende Protestante van net minder as 176 000 in 1999 tot byna 217 000 in 2004 gestyg het, 'n jaarlikse groeikoers van 4,3%. Ds Luk Fai, President van die Bethel Bybelseminarie, het die nuwe statistieke in die jongste uitgawe van Christian Weekly tydskrif bekend gemaak.

Prys: God vir die groei van Sy Kerk en bid vir die voortgesette ontwikkeling en beskerming daarvan. (Hand.49:50)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/hong.kongs.protestant.churches.blooming/26009.htm