In 'n land wat deur verandering en verdeeldheid geruk is, het sowat 1 400 agt tot veertienjarige Egiptiese kinders bymekaargekom om te aanbid en God te vra om hulle te verander om die sout en lig vir Jesus in hul gemeenskappe te wees. Die eerste One Thing Kids-fees is by die woestyn-oase van Wadi El Natroun gehou en regstreeks deur die Christelike uitsaaier SAT-7 uitgesaai. "Ons visie is om hierdie generasie te laat bid en God te aanbid, en om met die Heilige Gees vervul te word om die wêreld te kan verander," sê feesorganiseerders Kasr El Doubara Evangelical Church (KDEC) en die kindergebedsbediening van die Sinode van die Nyl van die Presbiteriaanse Kerk. Die Wadi el Natroun-gebied was lank 'n historiese sentrum vir Christelike gebed deur monnike en pelgrims. Baie van die kinders het 'n prominente rol gespeel – sommige as deel van die aanbiddingskoor, ander het gehelp om gebede vir hulself en hul nasie te lei.
Prys: God vir die geloof van die Christenkinders, vir hulle gebede wat tot verandering sal lei. (Ps.127:3)
Meer: http://www.inspiremagazine.org.uk/Stories/International?storyaction=view&storyid=413