Denemarke: Deense Kerk word wakker met Evangelie-oproep

In Denemarke beweer ten minste 4 persent van die land se bevolking dat hulle van die Moslem-geloof is. Nou, een voormalige Moslem deel die evangelie van Jesus Christus met hulle. Massoud Fouroozandeh is 'n Moslem in Iran gebore. Fouroozandeh is opgeroep vir militêre diens, maar in plaas daarvan om te dien, het hy uit Iran gevlug en hom uiteindelik in Denemarke gevestig. Vandag is hy die pastoor van een van die vinnigste groeiende kerke in Denemarke met 'n spesiale uitreik na Denemarke se Moslem-immigrante. Hy is die skrywer van die boek getiteld 'The Forbidden Salvation'. Sy reis na die Christendom het begin toe sy ma, wat ook 'n Christen geword het, vir hom 'n Bybel gegee het. Dit het hom kwaad gemaak en hy het besluit om dit te weerlê, maar iets anders het gebeur. Fouroozandeh het sy eie besigheid in Denemarke bedryf toe hy sê Jesus het in 'n droom aan hom verskyn en hom geroep om Hom te dien. Hy het later die Kerk van Liefde begin.

Prys: God vir hierdie wonderlike getuienis en mag Fouroozandeh se Kerk aanhou groei. (Gen.1:28a)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2011/May/Frmr-Muslim-Danish-Church-Waking-to-Gospel-Call-/