Colombia: Amerikaanse Christene versprei Evangelie aan FARC-guerrilla's

Vir meer as 40 jaar is Colombia geterroriseer deur ontvoerings en moorde wat voortspruit uit magstryd tussen dwelmbase, revolusionêre en paramilitêre groepe. Maar te midde van die chaos, waag dapper Christene in Colombia hul lewens om die evangelie te versprei. Voice of the Martyrs (VOM) is daartoe verbind om hulle te help. Een van VOM se vennote in Colombia is 'n vlieënier genaamd Russell. VOM het Russell gehelp om 'n vliegtuig te koop, en vandag vlieg daardie vliegtuig oor FARC-beheerde gebiede van Colombia en laat sak klein pakkies wat aan valskerms vasgemaak is. Die pakkette, wat in FARC-kampe en -dorpe afdryf, bevat elk 'n seleksie Christelike boeke sowel as 'n sonkrag-aangedrewe Galcom-radio wat vooraf op 'n Christelike stasie ingestel is. Voordat die valskerms laat val word, word die radio aangeskakel sodat selfs al val die valskerm in 'n boom, iemand die radio sal hoor en opklim om dit te gaan haal. Meer as 14 000 valskerms wat deur Amerikaanse Christene gemaak is, het onlangs die verspreidingsentrum verlaat op pad na Colombia. Hulle het reeds meer as 62 000 valskerms ontvang.

Prys: God vir hierdie inisiatief en bid dat elke pakkie nuwe lewe sal bring. (Luk.2:10)

Meer: http://www.persecution.com/public/newsroom.aspx?story_ID=Mjkz&featuredstory_ID=MzY4&clickfrom=ZmVhdHVyZWRzdG9yaWVz