Print this page

Kerke kom agter Wembley 2012

Tienduisende gelowiges van die Redeemed Christian Church of God (RCCG) is uitgenooi na die Nasionale Dag van Gebed en Aanbidding later vanjaar. Ongeveer 50 000 Christene het die afgelope naweek die deurnagfees van die lewe by die Excel-sentrum in Londen se Olimpiese stadsdeel Newham bygewoon. Enkele dae tevore het pastoor Agu Irukwu en ander leiers meer as 2 000 RCCG-leiers aangemoedig om agter die inisiatief te staan en hul kerke te mobiliseer om op 29 September na die Wembley-stadion te kom, wanneer tot 80 000 Christene na verwagting sal saamtrek vir 'n geskiedkundige Nasionale Dag van Gebed en Aanbidding. Hy het gesê: 'RCCG is gretig om met ander saam te werk vir die uitbreiding van God se Koninkryk deur Wembley 2012.' Vroeër die week het die Algemene Opsiener Pastoor Enoch Adeboye met die GDOP Londense Sameroeper Dr Jonathan Oloyede vergader om sy ondersteuning en gebede vir Wembley 2012 te verleen. Hy het ernstig gebid vir die Nasionale Dag van Gebed en Aanbidding en Dr Oloyede verseker dat RCCG die geleentheid ondersteun. .

Prys: God vir die Fees van die Lewe en bid dat die breër kerk agter die voorgestelde Nasionale Dag van Gebed en Aanbidding sal staan. (Ps.29:2)

Meer: http://www.assistnews.net/STORIES/2012/s12040131.htm