Christelike prediker wat gesê het dat homoseksualiteit sondig is, loop vry

Gesonde verstand en die oppergesag van die reg het geseëvier nadat aanklagte teen 'n Christenprediker teruggetrek is wat gesê het dat homoseksuele gedrag sondig is. Dale Mcalpine (42) is gearresteer en moes voor die howe verhuis nadat 'n homoseksuele polisiebeampte hom op 20 April 2010 in hegtenis geneem het omdat hy gesê het dat homoseksualiteit teen die woord van God is. Hy is etlike ure in 'n sel aangehou voordat hy van 'n openbare orde-oortreding aangekla is. Op 13 Mei 2010 is aanklagte teen mnr Mcalpine deur die Crown Prosecution Service (CPS) laat vaar omdat die prediking vreedsaam dat homoseksualiteit 'n sonde is nie teen die wet is nie. In reaksie op die CPS se besluit het mnr Mcalpine gesê: 'Dit is goeie nuus. Ek is verlig dat die polisie en die Crown Prosecution Service uiteindelik sin gesien het. Dit was 'n belaglike aanklag en ek moes in die eerste plek nooit gearresteer gewees het nie. Die hele ding was soos fiksie. Dit was surrealisties'. Lof: God vir verhoorde gebed. (1Kor.6:9) Meer: http://www.ccfon.org/view.php?id=1080