By die val van Kommunisme en staatsopgelegde ateïsme 20 jaar gelede was daar net vyf bekende gelowiges in Albanië. Maar onlangs het plaaslike kerke en Luis Palau saamgewerk om die Goeie Nuus van Jesus Christus aan meer as 20 000 mense by Tirana se Moeder Teresa-plein te verkondig. TiranaFes met Luis Palau, 'n massiewe evangelisasieveldtog, het op 22-23 September in Albanië se hoofstad, Tirana, plaasgevind. Die plein het weerklink met lewendige musiek, atletiekuitstallings en 'n duidelike aanbieding van die Goeie Nuus deur Luis Palau en ander. "Dit was heeltemal anders, iets wat nog nooit in Tirana gebeur het nie," het pastoor Paulin Vilajeti van Albania Christian Centre gesê. 'Omdat mense deur verskillende gebeurtenisse aangetrek is, glo en hoop ek dat God verskillende geslagte aangeraak het – van kinders tot oumense.' Plaaslike kerkleiers het die veldtog erken as een van die grootste geloofsbyeenkomste – en die grootste beweging van kerke – wat Albanië nog ooit gesien het. Sien ook Gebedswaarskuwing 34-20123
Prys: God vir die groei van die Kerk in Albanië en vir die baie besluite vir Christus by die TiranaFes. (Joël.3:14)
Meer: http://blog.godreports.com/2012/10/2300-make-decisions-for-christ-in-albania/#more-2244