Raadslede in Lowestoft het 'n lisensie-aansoek vir die opening van 'n Seksvermaakplek in die middedorp afgekeur. Die saak is deur die Christian Legal Centre ondersteun. Dit was die derde lisensie-aansoek vir 'n seksvermaaklikheidslokaal wat deur Lowestoft-raadslede aangehoor is binne 'n tydperk van net 12 maande. In Februarie 2014 het plaaslike inwoners hul kommer uitgespreek nadat 'n lisensie vir die opening van 'n seksklub in die dorp toegestaan is, ondanks sterk teenkanting van lede van die Lowestoft-gemeenskap. Na etlike maande het dit geblyk dat die voorgestelde lokaal nie meer sou voortgaan nie. Daar is egter in die herfs van 2014 ’n tweede aansoek gedoen vir die opening van ’n skootdansklub in die middedorp, wat ook afgekeur is nadat inwoners, besighede en kerke beswaar gemaak en drie petisies ingedien is. ’n Derde aansoek is toe gedoen, dié keer vir ’n sekswinkel op die dorp. Maar vroeër vanjaar het raadslede dit verwerp nadat die Christian Legal Centre weer plaaslike inwoners ondersteun het om die planne teen te staan.