Print this page

Pakistan: tronkstraf vir moord op 'n Christenvrou

’n Hof in Pakistan het ’n Moslemman tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op ’n Christenvrou wat sy huweliksaansoek verwerp het. Muhammad Shahzad, ook bekend as Shani, is in Islamabad gevonnis vir die moord op Sonia Allah Rakha, 'n 24-jarige Christenvrou. Die regter het die polisie geloof vir hul deeglike ondersoek, wat gelei het tot Shani se skuldigbevinding terwyl drie ander beskuldigdes vrygespreek is, het die groep gesê. Shanik het Sonia op 30 November 2020 geskiet nadat haar familie sy huweliksaansoek van die hand gewys het weens godsdiensverskille. Hy het aanvanklik van die toneel gevlug, maar is later deur die polisie aangekeer.on. Die slagoffer se familie het gesê dat die beskuldigde Sonia die vorige ses maande geteister het en probeer het om 'n fisiese verhouding met haar af te dwing.