Print this page

China: Christenskap nou verbied

Op 1 September het nuwe reëls in werking getree om alle godsdiensaktiwiteite tot slegs amptelike lokale te beperk en die vertoon van enige godsdienstige simbole in die buitelug te verbied. Alle godsdienstige aktiwiteite moet deur die staat onder toesig wees sodat plekke van aanbidding die leierskap van China se Kommunistiese Party ondersteun. Release International se Paul Robinson sê die nuwe reëls is gelykstaande aan 'n algehele verbod op Christenskap, maar in werklikheid groei die Christendom in China. Die aantal Christene in China het lank reeds die ledetal van die Kommunistiese Party oortref. ChinaAid het gesê dat hulle nie die Kommunistiese Party so dapper gesien het soos hulle hierdie somer was om God te speel en te verdraai hoe die Evangelie geleer word nie. Die enigste korrekte perspektief in die oë van die Kommunistiese regering is aanbidding van die staat en geloof in Xi Jinping.