Pakistan: meer as 100 gearresteer nadat kerke afgebrand het

Meer as 100 mense is in Jaranwala in hegtenis geneem nadat duisende Moslems kerke afgebrand het en huise gevandaliseer het. Die onrus is veroorsaak deur bewerings dat twee Christenmans bladsye uit die Koran geskeur het. Die geskiedkundige Heilsleërkerk het op 17 Augustus, een dag ná die oproer, steeds gesmeul. Die ruïnes is omring met doringdraad, Die situasie bly gespanne. Openbare byeenkomste is vir sewe dae beperk. Die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Koran beskadig het, is aangekla van godslastering, wat met die dood strafbaar is. ’n Beskuldiging van godslastering kan wydverspreide onluste, lynchings en moorde tot gevolg hê. Yassir Bhatti, 'n 31-jarige Christen, was een van diegene wat gedwing is om uit hul huise te vlug. “Hulle het die vensters, deure gebreek en yskaste, banke, stoele en ander huishoudelike items uitgehaal om dit voor die kerk op te stapel om verbrand te word. Hulle het ook Bybels verbrand en ontheilig, hulle was genadeloos.' Video's op sosiale media wys hoe betogers Christelike geboue vernietig terwyl die polisie blykbaar toekyk.