Indonesië: Java

Java is nie die grootste eiland in Indonesië nie, maar dit het die grootste bevolking. Prys God dat die Kerk op Java aanhou groei. Byna 50% van Chinese-afkoms Indonesiërs en 5% van die Javaanse is Christene. Die baie godsdienste van Java het mekaar histories verdra. Maar dit het verander. Vervolging kom nou in die vorm van wette wat Christene verhinder om te bou, wat soms lei tot die vernietiging van kerke en Christelike eiendom. Christene van baie tradisies trek nou saam vir gebed, aanbidding en wedersydse ondersteuning: en die liefde onder hulle lok baie Moslems na Christus, ten spyte van die vervolging. Christelike liefde vir die behoeftige en mees kwesbare mense in die samelewing het 'n kragtige uitwerking. Bid vir die onbereikte mensegroepe, insluitend die 34 miljoen Soendas wat Islam bely maar onderliggende animisme en tradisionele oortuigings het. Hulle is een van die grootste ongeevangeliseerde groepe in die wêreld.