Soedan: belaaide situasie vir Christene

Dit is 'n benarde situasie vir Christene wat in Khartoem vasgekeer is sedert Soedan se burgeroorlog op 15 April tussen die Soedanese weermag en Milisies van Rapid Support Forces (RSF) uitgebreek het. Pastoor Desta het gesê om in sy area te woon raak amper onmoontlik. Vuur het sy kerk en die plaaslike mark afgebrand. 'Elke twee dae stap ons na 'n verafgeleë distrik om water en proviand te kry. Meeste van ons bure is weg. Ek en twee vriende het nou die dag die kerkkar gevat om water en proviand te kry, toe soek en ondervra RSF-lede ons. Dit raak verskriklik. Ons wag vir 'n paar dae. As dit erger word, sal ons vertrek. Baie mense sê dat intense bakleiery beteken dat ontsnapping te gevaarlik geword het noudat RSF-lede diegene omsingel wat oorbly. RSF gebruik nabygeleë huise vir skuiling; hulle word deur die weermag geteiken. Indirek is ons onder beleg. Nêrens is veilig nie.'