Print this page

VSA: Franklin Graham se waarskuwing

Eerwaarde Franklin Graham het aan Liberty Universiteit se gegradueerdes gesê dat Amerika oorheers word deur 'n 'kultuur van verwarring en leuens, wat uit die hel kom'. Hy was die hoofspreker vir hul gradeplegtigheid. Hy het gesê: 'Ek bid dat hierdie klas vir waarheid sal staan, aangesien Amerika so vinnig verander. Ek dink die hart van God is bedroef as Hy vandag na ons wêreld kyk. Ek is lief vir ons land, maar dis moreel, geestelik, ekonomies en polities in 'n afwaartse spiraal. Die nasie is in 'n vryval omdat ons ons rug op God en Sy waarheid gedraai het.' Hy het die gegradueerdes aangemoedig om 'n baken van lig te wees en op die Woord van God te staan terwyl hulle in 'n kultuur van verwarring en leuens leef. Graham het verklaar: 'Die Bybel bevat nie waarheid nie, dit is die waarheid, en elke woord van God is waar. Waarheid is nie wat jy sê dit is nie, maar wat God sê dit is.'