8% van China se bevolking is Christene en Christenskap is in elke provinsie gevestig, maar baie het nie genoeg Bybelkennis nie. Landelike gebiede het steeds 'n tekort aan Bybels en Christelike onderrig. Bid dat wyse, goddelike leierskap op elke vlak in die Kerk vermenigvuldig sal word en dat Christene deel sal wees van die vorming van China namate die nasie rykdom en politieke invloed versamel. Die Kerk het baie volwasse leiers, maar het meer nodig soos die kerk groei. Bid dat Christene integriteit sal hê in 'n kultuur waar korrupsie 'n versoeking is . 200 jaar gelede het Napoleon Bonaparte gesê: 'Laat China slaap, want wanneer sy wakker word, sal sy die wêreld skud.' Dit word besef soos wat China se kerk deur God se Gees wakker gemaak word. Bid dat dit 'n betekenisvolle Christelike beweging sal wees met voortdurende groei. China is 'n belangrike wêreldmoondheid, ekonomies en militêr, bid vir wyse leiers om 'n pad van vrede te stap.