Israel: politikus dring aan op gebed vir nasionale eenheid

Sharren Haske, 'n prominente Israeliese opposisiepolitikus, het Christene in Brittanje aangemoedig om vir vrede vir haar land te bid, ná massiewe betogings teen planne om Israel se regbank te hervorm. Hierdie week het premier Benjamin Netanyahu 'n uitstel van die planne aangekondig en gesê hy is 'nie gereed om die nasie in stukke te verdeel nie'. Sharren is 'n lid van die opposisieparty National Unity en is voorsitter van die Knesset Christian Allies Caucus. 'Dit is tans 'n baie uitdagende tyd in Israel. Baie van ons burgers is regtig hartseer', het sy gesê. 'Die verdeeldheid onder die nasie is een van die grootste uitdagings wat so 'n diverse gemeenskap soos die mense van Israel elke dag in die gesig staar. Ons is nie daarteen nie. Ons verstaan dat daar die behoefte is aan hervorming en vir veranderinge. Die vraag is hoe die regstelsel die volgende dag gaan lyk. Hulle volg 'n meer ekstreme benadering, ons is vir 'n meer gematigde een.'