Print this page

Kameroen: Bybelvertaler vermoor

Weens voortdurende konflik in Kameroen tussen separatistiese groepe en die regering, asook aanvalle deur Islamitiese organisasies, is Bybelvertalers in aanhoudende gevaar. Wuwih William Gemuh het toesig gehou oor Bybelvertalingswerk in die Mfumte-tale, in die noordweste van Kameroen, en het werkswinkels gefasiliteer om woorde vir woordeboeke in 'n aantal tale te kies. Toe hy van 'n werkswinkel teruggekeer het, is hy ontvoer en later deur gewapende mans vermoor. Wycliffe Bible Translators se uitvoerende direkteur sê Bybelvertalers werk op gevaarlike plekke omdat dit die mees ontoeganklike plekke beide geografies en geestelik is, waar God se woord nog vertaal moet word. Vir Bybelvertalers oor groot dele van Asië en Afrika is dit die realiteit van hul lewe en werk. Bid asseblief saam met ons vir almal wat deur Wuwih se dood geraak is: sy onmiddellike en uitgebreide familie, en sy kollegas in die Mfumte-projekspan, wat een van hul leiers verloor het.