VAE: 2 400 Afgaanse asielsoekers aangehou

Human Rights Watch het berig die Verenigde Arabiese Emirate hou 2 400+ Afghaanse asielsoekers by tydelike fasiliteite aan nadat hulle uit Kaboel ontruim is ná die Taliban-oorname in 2021. Hulle leef in beknopte, ellendige omstandighede en gestrand in limbo, met geen hoop om hervestig te word nie. Die VAE het ontken dat toestande swak was en gesê hulle werk saam met die VSA om hervestigingsprosesse af te handel. Meer as 10 000 ander Afghane wat na die VAE gevlieg is, is in Amerika, Kanada en elders hervestig. 'n Verdere 70 000 is direk na die VSA ontruim voordat Amerikaanse troepe Kaboel verlaat het. Die Afghane word gehuisves in twee omgeboude woonstelkomplekse bekend as Emirates Humanitarian City en Tasameem Workers City. Sommige Afghane het voorheen vir Amerikaanse regering-geaffilieerde entiteite of programme in Afghanistan gewerk. Hulle het beperkings op hul vryheid van beweging gerapporteer, beperkte toegang tot regverdige vlugtelingstatus, gebrek aan voldoende toegang tot regsadvies of kinders se opvoeding plus geen psigososiale ondersteuning nie.