Kambodja / Indië: eerlike media gekant

Kambodja se premier, Hun Sen, het die laaste paar onafhanklike media in die land gesluit, ses maande voor 'n algemene verkiesing. Hy het Voice Of Democracy se bedryfslisensie gekanselleer nadat hulle ’n artikel gepubliseer het wat volgens hom sy seun belaster het. Amnestie Internasionaal het gesê dit slaan die deur toe vir wat oor is van onafhanklike media en 'n waarskuwing aan ander kritiese stemme wat dit nog waag om vrae oor die regering, die premier en sy familie te vra. Bid dat Kambodjane veilige toegang tot waarheidsgetroue nuus sal hê. Indiese belastingowerhede het BBC-kantore deursoek nadat dit 'n storie uitgesaai het van premier Narendra Modi se rol in anti-Moslem-geweld toe hy hoofminister van die staat was. Dit is net in die Verenigde Koninkryk uitgesaai. Modi verhinder Indiërs om 'die Modi-vraag' aanlyn te deel, en noem dit vyandige propaganda. 'n Woordvoerder vir hom het die BBC 'die mees korrupte organisasie ter wêreld' genoem.