Sri Lanka: aanranding op pastoor lei tot aanklagte teen hom

Pastoor Tony het 'n geraas buite sy hek ondersoek en is deur twee mans met 'n graaf aangerand en geëis dat hy sy godsdiensaktiwiteite staak. Hy het teruggekruip in die huis, toe begin die mans vensters breek en ander skade aanrig. Toe sy seun die rumoer hoor en reageer, is hy ook geslaan en toe vir drie dae in die hospitaal opgeneem. Die polisie het belowe om die aanvallers in hegtenis te neem, maar ses dae later het hulle klagte teen die pastoor ingedien vir die aanhitsing van die aanval. Alhoewel die valse aanklagte teruggetrek is, het plaaslike amptenare die gesin se huis verseël en kerkeiendom gekonfiskeer. Die familie en kerklede vra vir gebede dat hulle versterk sal word in hul geloof en vrymoedige getuies vir Christus sal wees te midde van vervolging deur Boeddhiste en Hindoes.